Die DA bevraagteken deursigtigheid oor die R26-padprojek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Demokratiese Alliansie het kommer uitgespreek oor die gebrek aan deursigtigheid rondom ’n R26-padonderhoudsprojek tussen Clocolan en Marquard.
Volgens ‘n mediaverklaring van die DA is inwoners, boere en ondernemings al lank bekommerd oor die swak toestand van die pad.
Die party sê sommige raadslede en verteenwoordigers van plaaslike boerderygroepe is glo nie na ’n projekinligtingsessie genooi wat vroeër vandeesmaand gehou is nie.
Volgens die Departement van Gemeenskap, Paaie en Vervoer het die projek in Desember verlede jaar begin en behoort dit teen Desember 2027 voltooi te wees.
Die DA sê egter daar was eers laat in Februarie sigbare werk en toerusting langs die roete.








Comments