Die DA gaan hof toe oor Lourierpark
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 8
- 1 min read
Die DA het die Hooggeregshof in Bloemfontein dringend genader ná wat hulle beskryf as die Mangaung Metro Munisipaliteit se voortgesette, onwettige voorbereiding van grond vir bewoning in en rondom Lourierpark.
Volgens ’n mediaverklaring volg die stap nadat die munisipaliteit versuim het om te verseker dat alle aksies wat grondbesetting kan moontlik maak, gestaak word.
Die DA voer aan dat die grond nie geskik is vir menslike bewoning nie, en reeds onderhewig is aan ’n bestaande hofbevel.
Die party waarsku dat verdere onwettige besetting bestaande druk op water-, sanitasie- en elektrisiteitsnetwerke sal vererger en spanning in omliggende woonbuurte sal aanwakker.
Die saak word nou deur die hof aangehoor.








Comments