Die DA sluit by die RNE aan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
Die federale raadsvoorsitter van die DA, Helen Zille, sê die party het by die regering van nasionale eenheid aangesluit om stabiliteit in Suid-Afrika te help verseker.
Haar kommentaar volg terwyl die DA sy federale kongres dié naweek in Midrand hou, waar nuwe leiers verkies sal word voor die 2026 plaaslike regeringsverkiesings.
Ongeveer tweeduisend afgevaardigdes woon die tweedaagse konferensie by.
Die DA sê die geleentheid dui op ’n belangrike nuwe hoofstuk, met leiers wat beklemtoon dat beginsels binne die RNE gehandhaaf moet word.








Comments