Die EFF sê ‘n virtuele sitting kan Didiza se mosie van wantroue beïnvloed
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 27 minutes ago
- 1 min read
Die EFF het kommer uitgespreek dat hul mosie van wantroue teen die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, benadeel kan word.
Die party se mosie sal Woensdag virtueel gedebatteer word. Die EFF glo dat ’n virtuele sitting die uitslag van die stemming kan beïnvloed en voeg by dat dit nie dieselfde gewig as ’n fisiese sitting sal dra nie.
Hulle versoek Didiza se verwydering oor haar hantering van president Cyril Ramaphosa se parlementêre afsettingsprosedures.
Die party sê dat hulle verskeie politieke partye om steun genader het, en dat hulle steeds vasbeslote bly om Didiza uit haar pos te verwyder.








Comments