top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die FAK versterk hul teenwoordigheid in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 2
  • 1 min read

Dorpe in die Oos-Vrystaat kan binnekort groter blootstelling kry nadat die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, oftewel die FAK, ’n nuwe kultuurnetwerkkoördineerder vir die sentrale streek aangestel het.


Lieandri Ackermann beoog om maandeliks dorpe in haar streek uit te lig om plaaslike geskiedenis en kulturele bakens te bevorder.


Ackermann, wat voorheen by die Voortrekkermonument betrokke was, is nou in Ficksburg gevestig en sal toesig hou oor projekte in die Vrystaat, asook Potchefstroom en Klerksdorp.


Die streekskantoor bly intussen by die FAK se Udolpho-rivierplaas buite Parys gesetel.


Volgens Ackermann is haar doel om as skakel tussen gemeenskappe en die organisasie te dien, met fokus op erfenisbewaring, skoleprojekte en kultuurinisiatiewe.


Lieandri Ackermann. FOTO: FAK
Lieandri Ackermann. FOTO: FAK

Comments


bottom of page