top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Grondwethof spreek sy kommer uit oor die NGV

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • May 6
  • 1 min read

Regters in die Grondwethof het kommer uitgespreek oor korrupsie en wanbestuur in die openbare gesondheidstelsel.


Dít tydens verrigtinge in die hof Dinsdag oor die Nasionale Gesondheidsversekeringswet.


Die saak is deur die Raad van Gesondheidsfinansiers aanhangig gemaak, wat meen dat risiko’s rondom befondsing en moontlike misbruik van openbare geld nie voldoende aangespreek word nie.


Regter Steven Majiedt het bevraagteken of die regering genoegsame antwoorde oor finansiële wanbestuur by staatshospitale verskaf het. Die hof oorweeg nou of voldoende beskerming bestaan voordat die Nasionale Gesondheidsversekering ingestel word.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page