top of page

AfriForum se hofstryd oor ‘n Vrystaat-ontwikkeling word hervat

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

AfriForum se hofstryd teen die Wonderfontein-ontwikkeling naby Sasolburg word op 23 Februarie in die hooggeregshof in Bloemfontein voortgesit.


Die organisasie sê in ‘n mediaverklaring hulle wil hê dat die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se besluit om die ontwikkeling toe te laat, tersyde gestel moet word.


AfriForum voer aan dat die besluit onregmatig is en dat die ontwikkeling sonder die nodige wetlike prosesse en goedkeurings voortgaan.


Die organisasie sê verskeie betrokkenes, insluitend die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit en die minister, het laat of glad nie hul hofstukke ingedien nie.


Volgens AfriForum wek dit ernstige vrae oor die owerhede se hantering van die projek.


Intussen gaan bouwerk voort, terwyl AfriForum steeds wag op ’n uitspraak in die eerste deel van die hofsaak.


Die beoogde Wonderfontein-ontwikkeling. FOTO: The Citizen
Die beoogde Wonderfontein-ontwikkeling. FOTO: The Citizen

Comments


bottom of page