Die Hartshuis-inwoners 'is welkom om ander heenkome te soek'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 28
- 1 min read
Inwoners van die Hartshuis in Vredefort in die Vrystaat wat kla, is welkom om ’n ander heenkome te kry wat deur die departement van maatskaplike dienste of die Pers Stigting verskaf kan word.
So sê die eienaar, bekend as Sue Vosloo, nadat 'n bom Vrydag oor die sentrum gebars het toe Annari du Plessis van die Pers Stigting in ’n video verwys het oor die beweerde mishandeling en uitbuiting hier.
Netwerk24 berig Vosloo - ook bekend as Jeanne-Marie van der Merwe of soms Jeanne-Marie Joubert - sê die Hartshuis gaan nie registreer as ’n huis vir bejaardes of sorgsentrum vir verstandelik gestremdes nie, en die regering moet die verantwoordelikheid neem om geskikte huisvesting vind vir die verswakte inwoners wat hulle ingeneem het omdat niemand anders wil nie.
Sy sê die Hartshuis is besig om te registreer as ’n organisasie sonder winsbejag en het reeds kwessies oor brandveiligheid, gesondheidsinspeksies, hersonering en bouregulasies nagekom. Sy sê die gesondheidsinspeksie is gedoen en het kwessies soos die stukkende plafon in die ou kombuis, vuil mure in die mansafdeling en ’n lekkende rioolpyp in die kombuis uitgewys.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat 'n klag by die polisie ingedien is oor beweerde mishandeling en uitbuiting by die Hartshuis.








Comments