Die hertogin van Kent sterf
- Armando Pieters

- Sep 6
- 1 min read
Britse vlae het halfmas gehang nadat Prinses Katharine, die hertogin van Kent, in die ouderdom van 92 oorlede is.
Sy was vir meer as drie dekades ʼn bekende en geliefde gesig op Wimbledon waar sy jaarliks die trofee aan die wenner van die vroue-enkelspel oorhandig het.
Die BBC berig Buckingham-paleis het in 'n verklaring gesê die hertogin is Donderdagaand in die Kensington-paleis, omring deur haar familie, oorlede.
Haar passies was musiek en kinders, en sy het haarself stilweg aan die koninklike lewe onttrek en ʼn musiekjuffrou geword.
Sy het selfs opgehou om die titel "haar koninklike hoogheid" te gebruik. In die personeelkamer was sy bloot "Kath" en vir die kinders "mevrou Kent".





Comments