Die hof word versoek om ‘n stokkie voor die verkoop van ikoniese Bloem-eiendomme te steek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
’n Hofaansoek is ingedien om die beoogde verkoop van verskeie munisipale eiendomme in Bloemfontein te stuit.
Die eiendomme sluit onder meer Tempe-vliegveld en die Franklin-natuurreservaat op Naval Hill in.
Volgens AfriForum se takke in Bloemfontein is die aansoek teen die Mangaung-metro gebring om te keer dat die eiendomme verkoop of verhuur word voordat die regte prosesse gevolg is.
Die organisasie sê hoewel die metro 14 projekte in ’n openbare kennisgewing gelys het, behels dit in werklikheid 153 individuele erwe oor verskeie dele van die metro.
AfriForum meen so ’n grootskaalse vervreemding kan verreikende gevolge vir stadsbeplanning, omgewingsbewaring en openbare toegang tot grond hê.
Die organisasie voeg by pogings om met die metro oor die proses in gesprek te tree het tot dusver geen duidelikheid opgelewer nie, en daarom is die saak nou voor die hof gebring.







Comments