Die hof wys Cholota se aansoek van die hand
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 18
- 1 min read
Updated: Feb 19
Die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het Moroadi Cholota se aansoek om haar korrupsieverhoor te stop, van die hand gewys.
Volgens SABC News het die hof uitspraak gelewer in haar saak waarin sy probeer het om vervolging in die R255-miljoen-asbesdakverwyderingskandaal te vermy.
Die Konstitusionele Hof het die aangeleentheid vroeër na die Hooggeregshof terugverwys nadat bevind is dat Cholota se uitlewering uit die VSA nie volgens prosedure was nie, maar dat Suid-Afrikaanse howe steeds jurisdiksie het om haar te vervolg.
Regter Phillip Loubser het die uitspraak gelewer.
Rosestad-nuus het vroeër berig Cholota en voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule is mede-beskuldigdes in die korrupsiesaak wat verband hou met die omstrede asbesprojek in die Vrystaat.








Comments