Die Hugenote-tonnel is weer oop
- Nadia Pieters
- Oct 9
- 1 min read
Die N1 Hugenote-tonnel is Donderdag heropen.
Eyewitness news berig dit volg na ‘n busbrand binne die tonnel verlede week, wat die onmiddellike sluiting van die besige roete veroorsaak het.
Noodherstelwerk en uitgebreide veiligheidsassesserings is sedertdien gedoen, en volgens SANRAL is die besluit om te heropen na omvattende verifikasie deur ingenieurs en onafhanklike spesialiste geneem.
Terwyl die tonnel nou operasioneel is, sal verdere permanente herstelwerk in die komende maande voortduur.
Antoinette Fennie van die Wes-Kaapse Mobiliteitsdepartement doen 'n beroep op motoriste om kennis te neem van die tydelike veiligheidsmaatreëls wat ingestel is, soos dat die spoedgrens deur die grootste deel van die tonnel na 40 km/h verminder is.

Comments