Die Kommunikasiedepartement wil lisensiëring met die sektor-kode belyn
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 14
- 1 min read
Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologie sê hy is vasbeslote om Suid-Afrika se lisensiëringstelsel in lyn te bring met die Inligtings- en Kommunikasietegnologie-sektorkode.
Die minister, Solly Malatsi, het dit gesê in reaksie op kommentaar van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika, Icasa.
Icasa sê wetgewing vereis dat histories benadeelde groepe bevorder moet word, en dat telekommunikasiemaatskappye minstens 30% eienaarskap aan dié groepe moet toeken.
Hy voeg by sy fokus is om te verseker dat alle Suid-Afrikaners toegang het tot bekostigbare en betekenisvolle konnektiwiteit, wat kan help om volhoubare lewensbestaan te bou.








Comments