'Die land se waterkrisis moet tot ’n nasionale ramp verklaar word'

Aug 13
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie doen ’n beroep dat die land se verslegtende waterkrisis tot ’n nasionale ramp verklaar word.
Die kommissie sê die omvang van die krisis vereis ’n breër en meer gekoördineerde regeringsreaksie ingevolge die Wet op Rampbestuur.
Ondersoeke toon dat talle munisipaliteite nie betroubare waterdienste kan lewer nie weens verouderde infrastruktuur, onvoldoende befondsing, ’n tekort aan tegniese vaardighede, skuld en groot waterverliese.
Die kommissie sê verder 47 % van afvalwatersuiweringstelsels is volgens die 2025 Groendruppel-verslag in ’n kritieke toestand.









Comments