top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die landbougemeenskap weet van probleme oplos

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 15
  • 1 min read

Die minister van openbare werke sê oplossings vir Suid-Afrika se infrastruktuurprobleme lê dikwels by die landbougemeenskap.


Volgens Landbouweekblad het Dean Macpherson tydens ’n sessie in Bothaville gesê samewerking tussen die regering en boere kan help om veral die verval van plattelandse paaie en munisipaliteite aan te spreek.


Hy het bevestig dat ’n loodsprojek reeds van stapel gestuur is waar boere swak paaie identifiseer, met ’n spesifieke fokus op die Vrystaat.


Die projek vorm deel van pogings om munisipaliteite deur belegging en samewerking weer op hul voete te kry, waarna die model ook elders toegepas kan word.


Intussen sê boere hulle kan nie langer wag vir herstelwerk nie.


’n Boer van Viljoenskroon het aangedui dat hy self paaie herstel, ondanks regsaksie in die verlede, en dat swak paaie tot groot voertuigskade lei.

Volgens hom kan herstelkoste aan voertuie tot sowat R18 000.


Tom van Rooyen en Dean Macpherson by Nampo-park. FOTO: Graan SA
Tom van Rooyen en Dean Macpherson by Nampo-park. FOTO: Graan SA

 

 

 
 
 

Comments


bottom of page