top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die liggaam van ’n jong vrou is op ’n plaas buite Bfn ontdek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 10
  • 1 min read

Die liggaam van ’n 27-jarige vrou is in ’n vlak graf op ’n plaas in die Kloofeind-gebied buite Bloemfontein ontdek.


Volgens die polisie het deeglike misdaadintelligensie-ondersoeke, asook inligting oor ’n beweerde besoek aan ’n sangoma deur die verdagte, tot die ontdekking gelei.


Polisiewoordvoerder, lt kol Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring ’n span misdaadtoneelkenners het reeds vanaf 10:00 Maandagoggend op die plaas langs die N8-hoofweg tussen Bloemfontein en Petrusburg begin aankom.


Die graf is glo deur die verdagte self uitgewys, waarna die ontbinde oorskot opgegrawe is.


Die oorledene word as die verdagte se meisie geïdentifiseer.


’n Saak van moord en verydeling van die gereg is by die Parkweg-polisiestasie geopen.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page