Die liggaam van 'n onbekende man is in die Caledon-rivier gevind
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 11
- 1 min read
Die liggaam van 'n onbekende man is in die Caledon-rivier gevind.
’n Plaaslike beeswagter het die Ficksburg-polisie in die Vrystaat in kennis gestel nadat hy die oorskot in ’n moeilik bereikbare gedeelte van die water sien dryf het, vasgevang tussen boomtakke.
Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê in 'n verklaring met die Phuthaditjhaba-polisie se soek- en reddingseenheid se aankoms is die span gekonfronteer met uiterste uitdagings, insluitend swak ligtoestande en ’n gevaarlik sterk watervloei.
Die liggaam is ná ure se werk in die sterk stroom Sondagmiddag herwin.
Die oorledene is ’n onbekende man, na raming in sy middel-40s, en sonder sigbare beserings. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen vir verdere ondersoek.








Comments