Die ligte vonnis van ‘n Vrystaat-boer ontketen woede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 11
- 1 min read
Woede is op sosiale media ontketen oor die vonnis wat ’n Dealesville-boer ontvang het ná hy aan dieremishandeling skuldig bevind is.
Volgens The Citizen het die Dealesville Landdroshof in die Vrystaat hom ’n boete van R2 000 of agt maande gevangenisstraf opgelê, wat vir drie jaar opgeskort is.
Inspekteurs van die Nasionale Raad van DBV's sê hulle het varke in ’n uiters verwaarloosde toestand aangetref — sonder kos, water of skuiling, en gedwing om karkasse te vreet om te oorleef.
Elf varke is gekonfiskeer en een moes uitgesit word.
Sosiale media-gebruikers meen die straf pas nie by die erns van die mishandeling nie.
Ingevolge Suid-Afrika se Dierebeskermingswet kan oortreders tot 12 maande tronkstraf of ’n boete van tot R40 000 opgelê word, of albei.








Comments