Die lys teen 'n vermeende diamantsmous word al hoe langer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die omstrede diamantsmous, Louis Liebenberg, se lys van beweerde misdrywe word al hoe langer. Volgens Maroela Media word hy en sy medebeskuldigdes deur onder meer 'n bykomende 80 aanklagte, tesame met die oorspronklike 127 aanklagte, in die gesig gestaar.
Liebenberg, sy vrou, Dezzi, en hul sewe medebeskuldigdes het Dinsdag weer in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn waar die finale akte van beskuldigdig deur die staat op die groep beteken is.
Die staat beweer Liebenberg se diamantpakkie-onderneming het as ʼn Ponzi-skema gefunksioneer, waar fondse van nuwe beleggers gebruik is om vroeëre beleggers uit te betaal om die illusie van ʼn suksesvolle onderneming te skep. Liebenberg en Dezzi bly steeds in aanhouding.
Rosestad-nuus het vroeër berig Liebenberg wag op 'n plek by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal. Hy is verlede jaar vir waarneming verwys nadat die hof bevind het sy fokus is op ander aangeleenthede as sy borgtogaansoek gerig.








Comments