Die meeste malaria-gevalle in Gauteng kom van buite die land
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Departement van Gesondheid sê die meeste gevalle van malaria wat in Gauteng aangemeld word, word van buite die land ingevoer. Volgens EWN sê die departement dit volg nadat ’n skerp toename in malaria-verwante sterftes sedert die begin van die jaar in Gauteng aangemeld is
Malaria is ’n potensieel dodelike siekte wat deur die byt van besmette muskiete oorgedra word en griepagtige simptome veroorsaak.
In ’n webinaar voor Wêreld Malariadag het die direkteur vir malaria by die departement van gesondheid, Ednah Baloyi, gepoog om kommer oor die verspreiding van infeksies in Gauteng te besweer. Sy sê die meeste van die gevalle wat in dié provinsie aangemeld word, is van ander lande afkomstig, en hulle is besig om die strategiese eliminasieplan te implementeer.
Die meeste gevalle van malaria in Suid-Afrika bly grotendeels gekonsentreer in die laagliggende provinsies, naamlik Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal.
Rosestad-nuus het vroeër berig die Gautengse gesondheidsdepartement het 414 gevalle en 11 sterftes tussen Januarie en Maart bevestig.







Comments