top of page

Die metro ontken kennis van ‘n groep by die noordelike stortingsterrein

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 days ago
  • 1 min read

Alhoewel die Mangaung Metro Munisipaliteit erken dat onwettige herwinningsbedrywighede by Bloemfontein se noordelike stortingsterrein plaasvind, sê hulle hulle is nie bewus van lede van die sogenaamde Born to Kill-groep wat die terrein beset nie.


Volgens Netwerk24 volg die verduideliking ná berigte oor beweerde besetting by die stortingsterrein.


Die metro se waarnemende hoofwoordvoerder, Nicolette Maysiels, sê ’n proses is tans aan die gang om herwinners formeel te registreer en hul bedrywighede beter te bestuur.


Maysiels sê verskeie maatreëls word ingestel om beheer by stortingsterreine te versterk, insluitend 24-uur-veiligheidspatrollies, herstelwerk aan heinings en beter samewerking met wetstoepassingsowerhede.


’n Afdwingingsperasie teen onwettige besetting is reeds op 13 Februarie uitgevoer waartydens 17 mense geprofileer en onwettige besetters verwyder is.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page