top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die minister van Finansies kan nie meer alleen die BTW-koers verander nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 6
  • 1 min read

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het beslis dat die minister van Finansies nie meer alleen die BTW-koers kan verander nie.


Artikel sewe van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde is deur die hof ongrondwetlik verklaar.


Die bepaling het die minister toegelaat om die BTW-koers te wysig voordat die parlement dit bevestig.


Die saak is deur die DA gebring ná ’n geskil oor ’n voorgestelde 1% BTW-verhoging in die 2025-begroting.


Volgens die hof kan belastingbetalers benadeel word indien die parlement die verandering later verwerp.


Die Konstitusionele Hof sal nou die finale uitspraak gee.


Ter illustrasie. FOTO: MoneyWeb
Ter illustrasie. FOTO: MoneyWeb

 
 
 

Comments


bottom of page