top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die minister van Polisie se uitspraak oor grondgrype word bevraagteken

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 26, 2025
1 min read

Die burgerregte organisasie AfriForum is van mening dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, besig is met woordspeletjies om die waarheid rakende grondgrype in Suid-Afrika te probeer verdraai. Dit is in reaksie op Vrydag se bekendstelling van die misdaadstatistiek. Volgens AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, het minister Mchunu die onreg rakende grondgrype wat in landelike gebiede plaasvind misken deur ’n onderskeid te probeer tref tussen grondgrype en grondbesetting. Hy sê die minister se pogings om die voorkoms van grondgrype in Suid-Afrika weg te praat, strook nie met die realiteit nie.

 
 
 

Comments


bottom of page