Die MRK ondersoek 'rassistiese' urinaalvoorval
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 6, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die beweerde rassistiese urinaalvoorval in Sasolburg in die Vrystaat. Dit spruit uit ‘n video uit 2021 wat weer verskyn het, waar twee wit mans gesien kan word urineer op prente van president Cyril Ramaphosa, Jacob Zuma, Julius Malema en Nkosazana Dlamini-Zuma. Volgens Newskoop het ‘n voormalige werknemer by die kroeg ‘n klag ingedien en rassisme en onregverdige behandeling aangehaal. Die SAMRK sê hulle maak sterk beswaar teen hierdie tipe gedrag van enige burger in die land.






Comments