Die Nasionale Distrikshospitaal se kraamsaal het weer 'n nuwe tuiste
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 17
- 1 min read
Die kraamsaal by die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein is weer oop – dié keer in Saal 8.
Dit kom nadat vyf babas verlede week in Saal 4 hipotermie ontwikkel het en dit deur die departement van arbeid en indiensneming weens lae temperature gesluit is.
Bloemnuus berig die woordvoerder van die Vereniging vir Staatsamptenare, Lynsie Pelser, sê die voortslepende agteruitgang van gesondheidsorg-infrastruktuur in die Vrystaat het 'n kritieke punt bereik. Hulle eis die onmiddellike ingryping van die nasionale gesondheidsdepartement en die regering.
In haar verklaring sê Pelser ten spyte van die toekenning van R14,1 biljoen om dienste en infrastruktuur te verbeter, vertel die situasie op voetsoolvlak 'n ander storie.
Sy voeg by dit is 'n skending van menseregte en 'n openbare gesondheidskrisis. Volgens haar word gemeenskappe van toegang tot noodsaaklike dienste ontneem, en gesondheidsorgwerkers funksioneer onder onveilige en onvolhoubare toestande.





Comments