top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die nasionale en provinsiale regering takel Vrystaatse paaie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12
1 min read

Die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, en die Vrystaatse LUR vir Paaie, Jabu Mbalula, lei vandag ’n beraad oor padveiligheid in Bloemfontein.


Hierdie dinkskrum by die OR Tambo-gebou bring regeringsdepartemente, wetstoepassers en belanghebbendes bymekaar om samewerking op die provinsie se paaie te versterk.


Daar word verwag dat die betrokke partye veral gaan kyk na die daaglikse uitdagings van padgebruikers en hoe om die Vrystaat se paaie vir almal veiliger te maak.


Ter illustrasie. FOTO: Parys Gazette
Ter illustrasie. FOTO: Parys Gazette

 
 
 

Comments


bottom of page