top of page

Die NICD ondersoek Malaria-gevalle in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 3
  • 1 min read

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes (NICD) ondersoek die Malaria-gevalle in Luckhoff wat die lewe van ‘n Vrystaatse boer geëis het.


In antwoord op ‘n navraag van BloemNuus sê ‘n senior patololoog van die sentrum vir ontluikende dierkundige en parasitiese siektes hulle ondersoek die oorsaak van die infeksie aangesien, die Vrystaat nie ‘n malaria-area is nie.  


‘n Belangrike oorweging in sulke gevalle is lughawe-, tas- of taximalaria. Woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, sê die risiko vir die algemene publiek word as laag beskou.


Hy sê wel ook dat lede van die publiek wat koors, kouekoors, hoofpyn, liggaamspyn, naarheid of ongewone moegheid ervaar, dadelik mediese sorg moet soek.




Ter illustrasie. FOTO: CDC
Ter illustrasie. FOTO: CDC

Comments


bottom of page