top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘Die Nkaneng-tragedie lê die krisis in verlate myne bloot’

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12
1 min read

Volgens die vakbond Saftu beklemtoon die dood van ten minste 14 mynwerkers na die ineenstorting van ‘n ongebruikte myn by Nkaneng naby Rustenburg, Suid-Afrika se mislukking om verlate myne te beveilig.


Saftu sê die tragedie toon dat onwettige mynbou nie deur polisiëring alleen aangespreek kan word nie, aangesien werkloosheid en armoede desperate werkers steeds ondergronds dryf.


Die vakbond voeg by verlate myne moet beveilig en gerehabiliteer word en kriminele sindikate wat wins maak uit onwettige mynbou, ondersoek word.


Saftu wil ook hê dat myne genasionaliseer word onder demokratiese werkers- en gemeenskapsbeheer.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page