top of page

Die nuwe matriekuistslae-saak word eersdaags aangehoor

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 26
  • 1 min read

Die saak oor die openbare bekendmaking van matriekuitslae sal van Maandag af in die Pretoria-hooggeregshof aangehoor word.


Die geskil het in 2022 begin toe die Departement van Basiese Onderwys probeer het om publikasie te keer, maar die hof het beslis dat die bekendmaking van uitslae met eksamennommers die privaatheid van leerders beskerm.


Die Inligtingsreguleerder het aan die einde van verlede jaar probeer verhoed dat die departement die 2024-matriekuitslae bekend maak - die hof het hul aansoek van die hand gewys.


Hoewel die bevel om die uitslae bekend te maak steeds geldig is, gaan die nuwe hofsaak oor die meriete van die regulateur se direktief om publikasie te verbied.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News


Comments


bottom of page