Reeva Steenkamp se Witlint-veldtog begin saam met 16 Dae van Aktivisme

Die Reeva Rebecca Steenkamp-stigting (RRSF) het sy nasionale Witlint-belofteveldtog van stapel gestuur. Dit val saam met die 2026-veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders, wat Woensdag begin.
Die Witlint-belofteveldtog is ’n oproep tot aksie en moedig mans aan om aktief betrokke te raak en verantwoordelikheid te aanvaar vir die skep van veiliger gemeenskappe.
Good Things Guy berig ter ere van die lewe en nalatenskap van Reeva Steenkamp vier die RRSF vanjaar sy tiende bestaansjaar met die bekendstelling van die Witlint-belofteveldtog.
Die Witlintveldtog het in November 1991 in Toronto, Kanada, begin toe ’n groep gewone mans wit linte aan hul klere vasgespeld het as ’n openbare standpunt teen geweld teen vroue. Vandag strek dié verbintenis oor meer as 60 lande. Witlintweek begin jaarliks op 25 November.
Reeva Steenkamp is op 14 Februarie 2013 deur haar kêrel, die voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius, doodgeskiet nadat hy verskeie skote deur die geslote badkamerdeur van hul huis in Pretoria afgevuur het.










Comments