top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Pakistan stuur vir die eerste keer 'n landsburger die ruimte in

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
2 hours ago
1 min read

Pakistan het geskiedenis gemaak nadat sy eerste ruimtevaarder, Muhammad Zeeshan Ali, aan boord ’n Chinese vuurpyl die ruimte ingevaar het.


Die 40-jarige Pakistanse lugmagvlieënier was een van drie bemanningslede wat vanaf die Jiuquan-satellietlanseringsentrum aan boord van die Shenzhou-24-ruimtetuig gelanseer is. Reuters berig die vuurpyl is Woensdagoggend om 02:18 Suid-Afrikaanse tyd gelanseer.


Die sending is onderweg na China se Tiangong-ruimtestasie, waar Ali die eerste nie-Chinese burger sal word wat dié ruimtestasie betree. Hy sal as vragspesialis dien en aan wetenskaplike eksperimente deelneem tydens die sending, wat na verwagting sowat vyf dae sal duur.


Die vlug is ’n belangrike mylpaal in die ruimtevennootskap tussen China en Pakistan.


Muhammad Zeeshan Ali. FOTO: Daily Sun
Muhammad Zeeshan Ali. FOTO: Daily Sun

 
 
 

Comments


bottom of page