Die nuwe SAID-hoof fokus op stabiliteit
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Volgens die nuut aangestelde kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Ngobani Johnstone Makhubu, beplan hy om voort te bou op onlangse vordering om die instelling verder te versterk.
Makhubu, wat op 1 Mei die leisels oorneem, beklemtoon dat die Inkomstediens ’n sleutelrol speel in die befondsing van die land se demokrasie en beskerm moet word.
Hy sê die agentskap sal voortgaan met sy moderniseringsprogram en sy pogings verskerp om onwettige ekonomiese aktiwiteite hok te slaan.
Die uitgaande kommissaris, Edward Kieswetter, sê intussen die oorgang sal nie die instelling se daaglikse bedrywighede ontwrig nie.
Volgens hom word die Inkomstediens se sukses deur sy strukture en stelsels gedryf — nie deur individue alleen nie.








Comments