Die nuwe VS polisiekommissaris is aangestel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 31
- 1 min read
Die nuwe provinsiale polisiekommissaris van die Vrystaat is aangestel. Luitenant-generaal Thabang Solly Lesia sal voortaan die pos beklee, ná die die suksesvolle termyn van luitenant-generaal Baile Motswenyane wat op 31 Januarie 2026 ten einde geloop het.
Die polisie sê in 'n verklaring in haar verwelkomingstoespraak het die premier van die Vrystaat, Maqueen Letsoha-Mathae, gesê die gemeenskap het lank na hierdie oomblik uitgesien. Sy het beklemtoon dat die mense van die Vrystaat moet sien en voel dat hulle veilig is in hul provinsie. Sy sê die posbekleër moet iemand wees wat die uitdagings van die gemeenskappe verstaan, en sy het ’n beroep op SAPD-bestuur gedoen om volle ondersteuning aan Lesia te bied.
Die Nasionale Kommissaris, generaal Fannie Masemola, sê dit is 'n voorreg om Lesia te kan bevorder.
In sy aanvaardingstoespraak het Lesia sy waardering uitgespreek vir die vertroue wat in hom gestel is om die Vrystaatse SAPD te lei. Hy sal ’n dienaar van die mense bly en verseker dat polisielede gehalte diens lewer.
Hy beloof voorts om beslissende leierskap te toon en streng aanspreeklikheid op alle vlakke te verseker.








Comments