top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Onderwys- en Opleidingsowerheid is by ’n skandaal betrek

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 9
  • 1 min read

Die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid (SETA) vir Onderwys-, Opleidings- en Ontwikkelingspraktyke is onder die loep ná bewerings van 'n R15 miljoen tenderskandaal. 'n Kantoorspasie wat vir meer as 'n jaar in onbruik is, blyk die middelpunt van die sage te wees.


EWN berig die minister van hoër onderwys, Buti Manamela, het 'n ondersoek van stapel gestuur en die departement versoek om dringend 'n verslag in te dien.


Die SETA het in 2024 'n tender geopen vir kantoorspasie. Die wenkandidaat het uitstaande dokumentasie gehad, insluitend 'n vereiste okkupasiesertifikaat om te wys dat die gebou veilig is. Personeellede kon nie die kantoor gebruik nie, terwyl huur van R15 miljoen deur die SETA spandeer is.


Na bewering het die waarnemende hoof- uitvoerende beampte van dié SETA, Nokukhanya Mafahla, die aanvanklike interne ondersoek stop gesit.


Manamela sê die aantygings wek kommer oor toesig en die bestuur van openbare geld.


Buti Manamela. FOTO: Facebook
Buti Manamela. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page