Die onderwysminister publiseer nuwe konsepregulasies vir die Bela-wet
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 minute ago
- 1 min read
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het nuwe konsepregulasies vir openbare kommentaar gepubliseer as deel van die implementering van die Bela-wet.
Die regulasies handel onder meer oor die verkiesing van skoolbeheerliggame. Skole kan volgens die voorstelle tradisioneel, op ’n bepaalde verkiesingsdag, of aanlyn stem indien hulle oor die nodige tegnologie en sekuriteit beskik.
Ander regulasies verbied ongemagtigde betalings aan staatswerknemers vir ekstra werk, en fokus op beter fasiliteite vir onderwyserontwikkeling en die bestuur van opvoedkundige data.
Business Tech berig Gwarube sê die doel is om te verseker dat die Bela-wet wettig, verantwoordelik en prakties geïmplementeer word.
Solidariteit waarsku egter dat die regulasies tot groter staatsbeheer oor openbare skole kan lei. Die organisasie sê skole moet nie bloot administratiewe verlengstukke van provinsiale onderwysdepartemente word nie.








Comments