Die onderwysvakbond sê leë onderwysposte lei tot onstabiliteit
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Die onderwysvakbond Naptosa sê poste in die onderwys wat nie gevul is nie lei tot onstabiliteit in die sektor.
Naptosa het gereageer op die onthulling dat daar meer as 27 000 vakante onderwysposte is, terwyl duisende onderwysers werkloos is.
Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het aan die Parlement gesê in Junie was die vakaturekoers 7 %. Die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng word die swaarste getref.
Naptosa se uitvoerende direkteur, Basil Manuel, sê hul grootste kommer is dat 2 700 poste bevries is. Hy sê die minister kan ook nie 'n rasionele verduideliking daarvoor gee nie.
Manuel sê voorts poste wat nie permanent gevul word nie lei ook tot onstabiliteit.








Comments