Die onwettige brand van bande is 'n omgewings- en gesondheidsramp
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 15
- 1 min read
Suid-Afrika benodig 'n nuwe afvalbandbestuursplan om 'n volskaalse omgewings- en gesondheidskrisis te help voorkom. So waarsku die Herwinnings- en Ekonomiese Ontwikkelingsinisiatief van SA (Redisa). Primedia berig die niewinsgewende maatskappy sê dat hulle toenemende verslae ontvang van onwettige storting en verbranding van afvalbande regoor die land. Afgesien van die ernstige giftige besoedeling wat deur hierdie praktyke veroorsaak word, is dit bewys van hoe rampspoedig afvalbande in Suid-Afrika wanbestuur word. Redisa voeg by hulle het aan lede van die Portefeuljekomitee vir Bosbou, Visserye en die Omgewing geskryf en hulle gevra vir dringende optrede oor 'n nuwe afvalbandbestuursplan om hierdie dreigende krisis te help voorkom. Om die omvang van die probleem in perspektief te plaas, beklemtoon Redisa se Stacey Jansen dat Suid-Afrika elke jaar ongeveer 250 000 ton afvalbande produseer. Dit is gelykstaande aan ongeveer 70 000 passasiersbande per dag.





Comments