Die Oos-Vrystaat word 'n antieke treinwa ryker
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 3
- 1 min read
Die spoorwegmuseum by Sandstone Estates naby Ficksburg in die Vrystaat gaan binnekort 'n antieke luukse treinwa ryker word.
Netwerk24 berig die treinwa, met 'n n geskiedenis wat langer as ’n eeu terugstrek en selfs ’n koninklike verbintenis het, is onlangs van ’n private eienaar in Johannesburg aangekoop.
Die treinwa, wat die afgelope byna 40 jaar agter ’n heining gestaan het, is verlede week per vragmotor na die Oos-Vrystaat vervoer.
Volgens Sandstone Estates is die wa oorspronklik in 1910 in Pretoria gebou. Die aankoms van die wa sal nog ’n belangrike toevoeging tot die museum se versameling wees.








Comments