Die OranjeVrijstaat Boerevolk eis sy grondgebied terug
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 11
- 1 min read
Updated: Feb 12
Die Boerevolk van die OranjeVrijstaat, ‘n minderheidsgroep binne die Afrikanervolk, dring daarop aan dat die grondgebied wat glo van hulle weggeneem is, teruggegee word.
Nova News berig die waarnemende volksraadspremier van die Republiek van die OranjeVrijstaat, Wim Rossouw, sê die land is deur Brittanje, en later die 1994-administrasie van die Republiek van Suid-Afrika, van hulle geneem.
Rossouw skryf in die Staatskoerant die OranjeVrijstaat Boervolk is 'n internasionaal erkende soewereine volk met eie grondgebied, soos uiteengesit in die Bloemfonteinse konvensie van 1854. Die volk wil sy status herstel soos dit op 30 Mei 1902 was.
Hoewel inligting oor die groep nêrens op sosiale media gevind kan word nie, het hulle hul eise in die Staatskoerant gepubliseer en daarmee ‘n openbare uitnodiging aan die regering gestel om met hulle in verbinding te tree.







Comments