Die OVK het ’n laaste beroep op stemgeregtigdes gedoen om te registreer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 2
- 1 min read
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het ’n laaste beroep op stemgeregtigde Suid-Afrikaners gedoen om te registreer om te stem voor die plaaslike regeringsverkiesing.
Byna 24-duisend registrasiepunte is landwyd oop en sal Sondag om vyfuur sluit, wat kiesers ’n laaste kans bied om te registreer óf hul besonderhede op te dateer.
Meer as drie miljoen registrasies is aangeteken tydens die eerste kieserregistrasie-naweek in Junie.
Die OVK sê daar sal geen verdere geleentheid wees om ná vandag te registreer nie, hetsy by stemlokale of deur die aanlyn registrasieportaal.








Comments