top of page

Die Padongelukkefonds se direksie is ontbind

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 16, 2025
  • 1 min read

Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het die raad van direkteure van die Padongelukkefonds (POF) ontbind.

Dit kom weens voortdurende bestuurs- en operasionele uitdagings wat die entiteit se vermoë om sy wetlike verantwoordelikhede na te kom ernstig in die wiele gery het.

IOL berig Creecy het ‘n kommerwekkende tendens van verstekvonnisse teen die POF uitgelig, wat regskoste vermeerder en noemenswaardige probleme vir die organisasie se finansiële volhoubaarheid skep.

Dit, tesame met die klaarblyklike tekort aan insig en direksie vanaf die raad, het Creecy genoop om ‘n verandering teweeg te bring en integriteit en vertroue in die POF te herstel.

In die lig hiervan het Creecy met behulp van die Nasionale Tesourie ‘n interim funksionaris aangestel om as rekeningkundige kenner vir die POF op te tree.

Dit beoog om die situasie te stabiliseer tot ‘n meer permanente oplossing ontwikkel kan word.

 
 
 

Comments


bottom of page