top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die parlement se Afsettingskomitee hervat vandag sy werk

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 1
1 min read

Die parlement se Afsettingskomitee hervat Dinsdag sy werk nadat President Cyril Ramaphosa beswaar gemaak het teen Thandazani Madonsela se aanstelling as bewysleier.


Die komitee sal regsadvies ontvang oor die gewig van Ramaphosa se beswaar teen Madonsela se leiding van die Artikel 89-ondersoek na die diefstal van $580 000 van die president se plaas in 2020.


Ramaphosa verskyn ook Woensdag in die Wes-Kaap-hooggeregshof om die onafhanklike paneel se verslag, waarop die afsettingsondersoek gegrond is, te betwis.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: Maroela Media
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page