Die Parlement wil weet wat met die hersiening van die mynbouwet gebeur
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die Parlement sê hy sal binnekort by die Departement van Minerale en Petroleumbronne uitvind wat die stand van die hersiening van mynbouwetgewing is.
Die hersiening van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumbronne is tydens ’n onlangse vergadering oor ’n petisie oor mynbouverwante sake geopper.
Die petisie doen ’n beroep op optrede oor sistemiese probleme in die mynbousektor, waaronder verlate myne en die verplasing van gemeenskappe.
Die Portefeuljekomitee oor Minerale en Petroleumbronne sê ’n hersiening van die wet kan help om kwessies aan te spreek wat deur gemeenskappe geraak deur mynbou geopper word.
Dit sluit aanspreeklikheid, rehabilitasie, mynsluiting, sosiale en arbeidsverpligtinge en die beskerming van gemeenskappe in.








Comments