top of page

Die Petrusburg Arbeidsentrum is na ‘n aanval tydelik gesluit

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

Die departement van Indiensneming en Arbeid in die Vrystaat het sy Petrusburg-arbeidsentrum gesluit ná 'n aanval op een van sy werknemers.


Die departement het geen verdere besonderhede oor die aanval verskaf nie, maar sê egter dat die voorval personeel diep getraumatiseer en bekommerd oor hul veiligheid gelaat het.


Daar word berig dat die sentrum ook tydelik in Oktober gesluit was nádat lede van die gemeenskape die personeel gedreig het.


Dienste by die sentrum sal Woensdag hervat word.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.
bottom of page