Die Phala-Phala-saak is weer uitgestel – die keer oor selfoondata-bevindinge
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 25
- 1 min read
Die Modimolle-streekhof in Limpopo het die verhoor van drie mense wat daarvan beskuldig word dat hulle 580 000 Amerikaanse dollar by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in 2020 gesteel het, uitgestel.
SABC News berig die verdedigingsadvokaat, Koena Matlala, het sy kruisondervraging van ‘n selfoondata-ontleder afgehandel. Matlala het aangevoer dat die selfoonontleder se databevindinge onakkuraat is aangesien dit geredigeer kan word.
Die drie beskuldigdes het na bewering by die plaas ingebreek en die geld wat in ‘n rusbank versteek was, gesteel. Die saak is tot 2 Februarie uitgestel.







Comments