top of page

Die polisie se geheime fonds is onder die loep

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 8 hours ago
  • 1 min read

Die regulasies wat die polisie se omstrede misdaadintelligensie-fonds beheer, kan moontlik hersien word.


Volgens die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, volg dit ná bewerings van misbruik van die geheime fonds.


Cachalia het vrae hieroor in die parlement beantwoord en gesê daar is kommer oor hoe die fonds bestuur word.


Hy meen die reëls wat die fonds reguleer, moet moontlik aangepas word om sterker toesig te verseker en verdere misbruik van die geld te voorkom.


Firoz Cachalia. FOTO: Facebook
Firoz Cachalia. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page