top of page

Die polisie slaan ’n groot slag teen dwelms in Heidedal

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 16
  • 1 min read

’n Reeks hoë-impak operasies deur die provinsiale anti-bende eenheid het ’n groot slag teen die plaaslike dwelmhandel in Heidedal, Bloemfontein geslaan.


Volgens ’n mediaverklaring is vier verdagtes in hegtenis geneem en dwelms met ’n geskatte straatwaarde van meer as R700 000 is gekonfiskeer.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê tydens deursoekings is onder meer kokaïen, dagga, khat, crystal meth en mandrax, asook kontant, by verskeie wonings gevind.


In een geval het ’n verdagte probeer vlug, maar is vinnig vasgetrek.


Die gebruik van ’n skooltas om dwelms te vervoer wek volgens owerhede besondere kommer.


Die verdagtes bly in aanhouding by Heidedal SAPD en sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf


Comments


bottom of page