Die polisie vat vas by 'n Bfn skool
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
Die Polisie in Bloemfontein het 'n onverwagse ondersoek by die Dr Böhmer Vaardigheidskool in die stad uitgevoer.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring die teenbende-eenheid het vroeg Dinsdagoggend 18 klasse deursoek. Tydens hierdie operasie is 'n verskeidenheid smokkelware en onwettige items in die besit van leerlinge gevind, insluitend messe, balaklawas, dagga, sigarette en elektroniese damprooktoestelle en koperdraad.
Kareli sê die teenbende-eenheid bly verbind tot sy "Safer Schools"- inisiatief.
LUISTER HIER:
Sersant Mahlomola Kareli







Comments