top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Polisie waarsku teen KI-foto’s met polisie-uniforms

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4
1 min read

Die polisie in die Vrystaat waarsku mense om twee keer te dink voordat hulle kunsmatige intelligensie (KI) gebruik om foto’s van hulself in ’n polisie-uniform te skep of te laat lyk asof hulle gearresteer word.


Volgens ‘n mediaverklaring kan sulke KI-foto’s maklik vir regte foto’s aangesien word en ernstige gevolge hê indien dit gebruik word om mense te mislei.


Dit is ’n misdaad om jouself valslik as ’n polisiebeampte voor te doen, terwyl die ongemagtigde gebruik van polisie-uniforms, kentekens en embleme ook gereguleer word.


Die polisie waarsku dat ’n KI-foto waarop iemand glo gearresteer word, mense valslik kan laat dink dié persoon was by misdaad betrokke.


Die blote skep van ’n KI-foto is volgens die polisie nie outomaties ’n misdaad nie. Hoe dit gebruik word en of dit bedoel is om mense te mislei, is belangrik.


Ter illustrasie. FOTO: Verskaf
Ter illustrasie. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page