top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die poskantoor kry moontlik ‘n nuwe eksklusiewe lisensie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 25
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor kan moontlik weer ’n eksklusiewe lisensie kry vir sekere posdienste.


Volgens die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid, Okosa, is hulle tans besig om ’n proses te ontwikkel om die lisensie te hernu.


Die poskantoor se vorige lisensie het reeds aan die einde van Maart verlede jaar verval.

Intussen het die instelling ook aansoek gedoen om die lisensie met nog 25 jaar te verleng. Dit ondanks aanhoudende finansiële uitdagings.


Histories het die lisensie die poskantoor alleenreg gegee op dienste soos die aflewering van briewe en posseëls.


Die regering het egter reeds sommige van dié eksklusiewe regte, soos klein pakkie-aflewering, verslap.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page